Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH
"Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16004] Vr, 03 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die Adirondacks is 'n reeks berge in Noordelike
New York staat, 'n voortsetting van die Canadian Shield
se baie harde pre-kambriese rots wat deur die gletsers van
die laaste ys-eeu afverweer is, sodat hulle nou nie meer baie
hoog is nie. Egter hoog genoeg sodat die Winter Olimpiese
Spele alreeds tweekeer hierdie eeu by Lake Placid gehou is.
Vanaf Ottawa, waar ons bly, is dit net een uur suid na die
grens van die VSA. Met 'n baie hoë silwer brug ry jy oor die
St. Lawrence-rivier na Ogdensburg. Twee uur verder suidoos
is jy in die Adirondacks. Verlede herfs is ons spesiaal deur
die Adirondacks op pad na New York, om die herfskleure aan
'n besoeker te wys. Die volgende Nederlandse gedig beskryf
die kleureweelde baie goed.

INDIAN SUMMER IN DE ADIRONDACKS
J. P. Debergh

Met de esdoornen begint het:
Een vlamstrook wiekt in het woud,
Gulden-oranje gloed en glans
Steken de suikerahornen aan.
In de looier dropt ambergeel
En met vermiljoenen kronkels
Slinger wilde wingerd erdoor.
De olmen staan weldra roestig
En laten als eerste blaren vallen,
Gedoofde gensters, wijl de essen
Vonkelen as amethist, rookpaars.
Linden en bitternoot verkoperen
De berken vertrillen in zwavelgeel.
Het vuur smeult stilaan de heuvel op,
Eén tak, één boom, dan het hele woud.
De kleuren lopen op in bloedgoud,
Zinderend onder de koepel van azuur.
Zo woekert de brand steeds verder.
In de praal van sassafras en amberboom
Laaien pruiken amarant en safraan.
Kornoelje en kers gloren karmozijn
En als de eerste vlam de topt bereikt,
Steken de eiken erboven met antiek goud
En rijk klokkebrons, diep omberbruin.
In een laag laar tintelt veenbes bloedrood
Tussen grijze dravik en bros spartagras.
En op distels wiegen silveren pluimen.
Over kalkasters - wie saaide je hier? -
Vlinderen zwermen late atalanta's.
In de windstille roodgloeihitte
Blakeren dal en top onder de zon.
Het hart brandt mee tot winteras
Van wat lenteteerheid en zomerglorie was.

( "Concept" - Junie 1998)
Re: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16020 is 'n antwoord op boodskap #16004] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nou wat het die gedig met Afrikaans te doen??

Kan dit wees die tannie se Groot Verseboek het weggeraak?

diaan
Re: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16027 is 'n antwoord op boodskap #16004] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Not Anonymous" writes:

> Nou wat het die gedig met Afrikaans te doen??
>
> Kan dit wees die tannie se Groot Verseboek het weggeraak?
>
> diaan

Tannie hou nie van spipperige snaters
nie. Wat het die woorde "Not Anonymous"
in jou kuber-adres te make met Afrikaans?
Of is jy ook 'n hanskakie, soos ons vriend
Frikkie, sekretaris van die AWB?

Die tannie wat meer as een digbundel
en literere tydskrif het.
Re: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16050 is 'n antwoord op boodskap #16004] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Het jy iets teen Engels sprekendes? Twee digbundels en twee lterere
> tydskrifte maak nie 'n biblioteek nie - ook nie 'n meer gemanierde
> persoon nie.

Nee, ek het dit nie teen Engels-sprekendes nie.
(Ek hoop jy merk op dat ek ook nuwe Engelse
gedigte wat in SA geskryf word, plaas op die
nuusgroep. 'n Afrikaner uit Kaapstad stuur
dit vir my. Die een wat so geduldig die
Gert Vlok Nels ook ingetik het.)

Maar wanneer jy nou van die twee digbundels
en die twee literere tydskrifte wat nie 'n
biblioteek maak nie, praat - kan jy my inlig,
wat is die punt nou weer? En maak die snaakse
opmerking jou 'n meer gemanierde persoon. Jy
het, ongenooi, jou neus kom insteek in twee
ander mense se redetwiste. Wat maak dit jou?
>
> In stede van hom aanval, hoekom antwoord jy nie eerder netsy vraag nie
> - dan sal jou eie eer ook beskerm bly en jy nie van jou naam 'n krater
> maak nie.
> ...sommer net ek, Simon

Kan jy my inlig, wat was sy vraag nou weer?
Re: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16051 is 'n antwoord op boodskap #16004] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Soooooo..... as jy weer die vraag wil hoor: Wat het die Nederlandse gedig
oor 'n Amerikaanse bergreeks met die (Afrikaanse) nuusgroep te doen????

Om my name te noem is nie 'n andwoord nie. Dit lyk asof jy in 'n hoekie is.
Ek volg al amper twee jaar lank daagliks die nuusgroep, en het al van 'jou'
afrikaanse gedigte geniet. Eintlik is dit die enigste rede dat ek jou nie
al lankal gekonfronteer het oor die drek wat jy hier kwytraak nie.

Om jou vraag te andwoord: My naam is net so relevant hier as wat die suiwer
afrikaanse "@igs" is.

niks groete virrie ou tannie

diaan

@igs.net wrote in message ...

snip...
>
> Kan jy my inlig, wat was sy vraag nou weer?
>
Re: "Indian Summer in de Adirondacks" deur J.P. DEBERGH [boodskap #16082 is 'n antwoord op boodskap #16004] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Not Anonymous" writes:
> Soooooo..... as jy
weer die vraag wil hoor: Wat het die Nederlandse gedig
> oor 'n Amerikaanse bergreeks met die (Afrikaanse) nuusgroep
te doen????

O, daardie vraag. Wel, meneer, daar is mense
op hierdie nuusgroep wat in die verlede al dinge
in tale anders as Afrikaans gepos het. Maar ek
maak geen verskoning nie. Ek het oor die Adirondacks
in Afrikaans geskryf, en het gedink dat daardie
Nederlandse gedig baie goed die kleurebrand van die
herfs hier beskryf het. Jammer as dit vir jou gehinder
het.

> Om my name te noem is nie 'n andwoord nie. Dit lyk asof jy in 'n hoekie is.
> Ek volg al amper twee jaar lank daagliks die nuusgroep, en het al van 'jou'
> afrikaanse gedigte geniet. Eintlik is dit die enigste rede dat ek jou nie
> al lankal gekonfronteer het oor die drek wat jy hier kwytraak nie.
> niks groete virrie ou tannie
>
> diaan

Wat jy kwytraak is ook kwaliteit drek.
Dus van een drekverskaffer aan 'n ander,
ghoebaai.
Vorige onderwerp: Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:47:50 MGT 2024